LydenstydSample
Vul met Gebed
Lees: Matteus 6:6; Lukas 5:15–16
SOAP: Matteus 6:6
"Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon."
Oordenking
Ons het verlede week bestudeer hoe om te vas en waarom dit so ‘n belangrike geestelike praktyk tydens die Lydenstyd en daarna is. Die doel om te vas, is om ons leeg te maak, maar hoe ons daardie ruimte vul, moet doelbewus wees. Indien ons nie nougeset en bewustelik vas nie, kan ons maklik daardie plek wat ons leeggemaak het, met wêreldse afleidings vul.
Om te vas het ten doel om die dinge wat ons aandag aflei en ons van God af weglei, te verwyder sodat ons in die plek daarvan deur Hom gevul kan word. Hierdie week gaan ons kyk wat ons kan doen om onsself met die dinge van God vol te maak.
Jesus gee vir ons ‘n wonderlike voorbeeld hoe ons ons lewens met gebed kan volmaak. Al was Hy voortdurend besig met sy bediening, het Hy dikwels tyd afgestaan om Hom in die woestyn af te sonder en te bid. Ons weet dat Jesus vir veertig dae in die woestyn gevas het voordat Hy deur die Satan versoek is (meer daaroor oor ‘n paar dae), maar Hy het ook sy tyd met gebed gevul.
Gebed is hoe ons met God kommunikeer, nie net om ons behoeftes aan Hom bekend te maak nie. Namate ons in ons wandel met Hom groei, sal Hy ons harte, ons passies en ons begeertes rig. Deur te vas, help dit ons om op God te konsentreer en so van afleidings ontslae te raak. Deur sy Woord leer ons meer oor wie Hy is, en deur gebed vra ons Hom vir leiding en om vir ons koers aan te dui. Vas neem afleidings weg sodat ons uitsluitlik op God kan fokus en in ons wandel met Hom kan groei terwyl ons tyd in gebed deurbring.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More