LydenstydSample
Vir die Evangelie
Lees: Matteus 6:16–18; Markus 8:31–38
SOAP: Markus 8:34–35
"Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.'"
Oordenking
Dis nie 'n maklike ding om te vas nie. Om te vas beteken dat jy jouself doelbewus misken om op God te fokus. Dit word tipies gedoen deur jou van kos te ontsê. Alhoewel daar baie maniere is om te vas, is die Bybelse doel van vas om jou van fisieke behoeftes te ontsê, sodat 'n mens op Christus kan fokus, asook om meer waaksaam en bewus van geestelike dinge te wees.
As gelowiges in Christus probeer ons om meer soos Hy te wees. Tydens die Lydenstyd kan ons onthou hoe Jesus in die woestyn gevas het deur die onthouding van kos, sekere aktiwiteite of ander plesiere. Deur dit te doen, is die doel nie om gesien te word as meer geestelik of heilig as ander nie, maar om meer bewus te word van die werk van die Heilige Gees in ons en van God se heiligheid. Die hoofdoel van vas is dus om in staat te wees om meer op God te fokus omdat ons afleidings ons fokus van Hom wegneem.
Jesus het sy volgelinge vertel dat, om Hom waarlik te volg, moet hulle hulself verloën. Om dit te doen moet ons gewillig wees om dinge uit ons lewens te verwyder wat ons aandag aflei en van Hom af wegneem. Om te vas is nie maklik nie, maar dit is 'n gebruik en 'n dissipline om ons te help fokus op wat waarlik belangrik is. Vas is een manier hoe ons onsself verloën en Hom volg.
Terwyl ons ons harte voorberei om hierdie Paasfeestyd te vier, kan ons God vra om daardie afleidings aan jou te openbaar. Wees dapper en vrymoedig, maak 'n voorneme om uit jou lewe te verwyder wat jy ook al moet doen. Vas hoef nie vir vir altyd aan te hou nie, maar die doel is om ons van aardse begeertes te ontsê en te erken dat Jesus die enigste een is wat waarlik vir ons vervulling kan bring. Wanneer ons dit erken, sal ons die lewe vind wat Hy belowe.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More