LydenstydSample
Nooit Verlaat Nie
Lees: Psalm 22
SOAP: Psalm 22:20
"En U, Here — moet tog nie so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou! "
Oordenking
Ons SOAP vers van vandag is ‘n kragtige verklaring in die middel van ‘n psalm wat moeilik kan wees om te lees. Soveel onreg gebeur, soveel moeilikheid en lyding! Tog verklaar die psalmdigter: “En U, Here …” Hy vertrou op die Here vir sy krag en wag vir God om hom te help.
Die eerste woorde van hierdie psalm herinner ons aan die angs wat Jesus deurgemaak het toe Hy gekruisig is. Hy het Dawid se woorde uit Psalm 22:2 gebruik en uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Matteus 27:46b). Dit is ‘n groot voorreg om die boek Psalms in die Bybel opgeteken te hê sodat ons dit vandag vrylik kan lees en gebruik in ons weeklag en lyding, wetende dat Jesus dieselfde woorde in die oomblik voor sy dood geuiter het.
Daar is krag en beslis geloof daarin om te verkondig wat ons nie sien of voel nie, maar wat ons weet waar is. As die volk van God, is ons heilig en innig geliefd, en moet ons geloof hê te midde van beproewinge en lyding deur te onthou wie God is en om dit te verklaar. Ons moet dit oor ons moeë, neerslagtige siele uitspreek en dit ook en aan diegene om ons verkondig insluitende ons gesinne, families, vriende en gemeenskap.
Mag ons selfs in ons ergste omstandighede getrou en hoopvol bly. Mag ons altyd ons dierbare Verlosser aan die kruis onthou wat Hom na die psalms gewend het vir vertroosting tydens die mees ondraaglike pyn en angs; en mag ons sy voorbeeld volg en ons na die Woord van God keer in ons pyn, lyding en tydperk van donkerte.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More