YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 31 OF 43

Uit die Dieptes

Lees: Psalm 30

SOAP : Psalm 30:3-4

"Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe."

Oordenking

Hierdie week verskuif ons ons fokus van geestelike dissiplines na die werk wat Christus vir ons gedoen het. Die woord, Triduüm, stam uit Latyn en beskryf die drie dae wat strek van die laaste maaltyd tot Jesus se opstanding. In hierdie week gaan ons die temas van Triduüm ondersoek sodat ons die betekenis daarvan kan verstaan en ons harte kan voorberei om hierdie gebeure te vier.

Nog 'n doel van die Lydenstyd, is om die gewig van ons sonde en die betekenis van Christus se offer te onthou. As ons in Christus is, sal ons nie die straf vir ons sondes ervaar nie. Ons sal die gevolge dra, maar Christus het die straf namens ons gedra — die dood wat ons verdien het. Hy is 'n tyd lank deur God verlaat sodat ons vir altyd aanvaar en vergewe kan word wanneer ons ons vertroue in Hom plaas.

Hierdie week se oordenkings sal ons help om 'n besef van die duisternis te kry waaruit ons gered is. Die psalmis in vandag se oordenking loof God dat Hy hom uit die put gered het. Die doderyk is 'n verwysing na die ryk van die dooies, 'n plek waarheen 'n mens na die dood gaan. Regdeur die Ou Testament is verwysings na die doderyk en dikwels beskrywings hoe God mense uit die dood gered het toe hulle andersins sonder hoop en hulpeloos was.

Dit is waar van ons. Ons was hulpeloos in ons sondes en sonder hoop. Sonder God se ingryping sou ons vir ewig in die doderyk wees en nooit aan die mag van die dood ontkom het nie. Hy het ons egter gered — uit die graf uit opgetrek. Jesus het in ons plek gesterf en die straf wat ons verdien, op Hom geneem. Ons verdien die dood as gevolg van ons sondes, maar as ons geloof in Jesus is, het ons oorwinning oor die dood. Sy reddingswerk aan die kruis het ons uit die doderyk opgetrek — vir altyd uit die hel gered.

Scripture

Day 30Day 32