LydenstydSample
Uit die Graf
Lees: Johannes 11:1–44
SOAP: Johannes 11:25–26
"Toe sê Jesus vir haar: 'Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?'”
Oordenking
Jesus het baie wonderwerke gedoen terwyl Hy op aarde was. Elkeen van hulle het sy mag en gesag getoon. In vandag se verse sien ons hoe Jesus vir Lasarus uit die dood opwek. In hierdie wonderwerk het Hy sy gesag oor dood en lewe bewys. Deur sy krag te toon om die dood om te keer, het Hy geopenbaar dat Hy die mag besit om lewe te gee.
Baie het die wonderwerke gesien, waaronder Maria, Marta, Jesus se dissipels en 'n klomp roubeklaers was. Hy het sy opstandingskrag in die openbaar vertoon. Jesus het die mag om nie net dooies op te wek nie, maar ook om die ewige lewe te gee aan almal wat in Hom glo. Jesus het verklaar: "Ek is die opstanding en die lewe" net voordat hy Lasarus opgewek het. Hy dit deur hierdie wonderwerk vertoon. Jesus het hierdie wonderteken gedoen sodat baie in Hom sou glo.
Die graf kan nie opweeg teen God se krag en mag nie. Jesus kan selfs tot in die dieptes van die duisternis reik. Hy kan enigiemand red, verlos, genees en herstel. Nie net dit nie, maar Hy sien die pyn wat ons ervaar en stap saam met ons daarin net soos Hy met Maria en Marta was toe hulle broer dood is. Al het Jesus geweet wat Hy op die punt was om te doen, het Hy hulle duisternis en pyn diep gevoel — toe bring Hy lig en lewe.
Wanneer ons al ons hoop op Jesus as die "opstanding en die lewe" plaas, wanneer ons ons vertroue in Hom, die Seun van God plaas, gee Hy ons die ewige lewe. Al sal ons eendag liggaamlik die dood beleef, sal ons in Jesus deur die dood oorgaan na 'n heerlike opstanding en die ewige lewe by Hom. Die opstanding verander ons ewige toekoms en ons huidige omstandighede op maniere wat ons nooit kon droom nie. Al wat ons nodig het om die krag daarvan te ervaar, is geloof in Jesus.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More