Ontdek Die Grootste GewerSample
Dag 31: God gee aan ons die eerste kruiswoord
"God het sy liefde aan die kruis bewys. Toe Christus gehang, gebloei en gesterf het, was dit God wat vir die wêreld gesê het: 'Ek het jou lief'" — Billy Graham.
Die kruisiging van Jesus Christus is ʼn kerngebeurtenis in die Christelike geloof. In hierdie tragiese oomblikke op Golgota, word Jesus sewe keer aangehaal onderskeidelik deur Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Hierdie sewe woorde wat Jesus aan die kruis gesê het, het die sogenaamde kruiswoorde van Jesus geword wat ʼn besondere plek in die geskiedenis ingeneem het.
Dit, te midde van sy lyding, bied ʼn dieper insig in die karakter van Christus; sy gedagtes en bekommernisse dra ʼn ryk boodskap van vergifnis, geloof, hoop en liefde. Jesus se laaste woorde voor sy dood demonstreer dat Jesus konsekwent sy boodskap gelewe het tot die dood aan die kruis.
Jesus se eerste woord aan die kruis is ʼn gebed tot die Vader vir dié wat Hom gekruisig het, onder aan die voet van die kruis: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34).
Hierdie gebed vergewe die boosheid van die mensdom om die Messias, wat sondeloos gelewe het, te kruisig. Die gemiddelde persoon wat gekruisig was, sou waarskynlik gepleit of dié wat hulle gekruisig het, gevloek het. Jesus het egter vir die mense gebid wat teen Hom gesondig het.
Hierdie gebed was meer as 700 jaar tevore geprofeteer deur Jesaja toe hy gesê het: “Daarom eer Ek hom as iemand wat groot en magtig is. Want hy was bereid om doodgemaak te word en as misdadiger beskou te word. Hy het die sondes van baie gedra, en vir sondaars gebid” (Jesaja 53:12 NLV).
Vir wie het Jesus gebid? Hy het gebid vir die soldate wat Hom gekruisig het, die verbygangers wat hulle koppe veroordelend geskud het, vir die leiers van Israel wat skuldig was aan die veroordeling en selfs die misdadigers aan die kruis, want almal was onkundig oor die verskriklike sonde.
Weke na die gebeurtenis het Petrus in Jerusalem vir die skare mense gesê: “Volksgenote, ek weet dat wat julle aan Jesus gedoen het, in onkunde gebeur het, en dieselfde geld van julle leiers” (Handelinge 3:17 NLV).
Jesus het ook nie hulle dade persoonlik opgeneem nie, daarom dat Hy nie vir hulle gebid vir wat hulle aan Hom, of teen Hom gedoen het nie, maar net vir dit wat hulle gedoen het. Hierdie kruiswoord getuig van ʼn groot genade, liefde en vergifnis wat Jesus selfs in die mees pynlike oomblikke van sy aardse lewe bereid was om te gee.
Jesus se voorbeeld was in pas met wat Hy geleer het en daarom maak die woorde aan die kruis ʼn ewige impak! Die meeste mense leef in sondige onkunde (Romeine 3:23).
Lees die volgende vers en oordink wat dit in jou lewe beteken.
About this Plan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More