YouVersion Logo
Search Icon

Ontdek Die Grootste GewerSample

Ontdek Die Grootste Gewer

DAY 32 OF 40

Dag 32: God gee aan ons die tweede kruiswoord

"Jy sal alle ware teologie opgesom vind in hierdie twee kort sinne: Verlossing is alles van die genade van God. Verdoemenis is alles van die wil van die mens" — Charles Spurgeon.

Die tweede kruiswoord van Jesus, wat die kruiswoord van saligheid genoem word, was gegee deur Jesus vir een van die twee misdadigers wat saam met Hom aan die kruis gehang het.

Die een misdadiger wat aan die kruis gehang het, het Jesus aanhou beledig deur te sê: “Is jy dan nie die Messias nie? Red jouself en ook vir ons!” (Lukas 23:39 NLV).

Die misdadiger aan wie Jesus uiteindelik genade sou bewys het die man ernstig tereggewys deur te sê: “Het jy óók nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan! Ons het dit terdeë verdien, want ons verdien die straf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie." Hy het verder gesê: “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom” (Lukas 23:40-42 NLV).

Dit is toe dat Jesus hom antwoord: “Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43 NLV).

Hierdie man het aan die kruis verantwoordelikheid aanvaar vir sy oortredinge terwyl hy erken dat Jesus sondeloos was. Waarskynlik het hy aan die kruis besef hier hang meer as net ʼn mens, maar die redder self. Deur hierdie woord gee Jesus saligheid aan die oortreder en beloof hom ʼn plek in die ewige paradys.

Hierdie kruiswoord illustreer die onmiddellike en oorvloedige saligheid wat beskikbaar is vir elke mens. Het jy sekerheid oor jou redding? Hierdie kruiswoord is ʼn uitnodiging om ten spyte van jou sonde of verlede na God te draai en Hom te vertrou vir redding.

Oordink Johannes se woorde in sy eerste sendbrief en maak notas oor wat dit vir jou beteken.

Day 31Day 33

About this Plan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.

More