Wie Is God?Sample

Wat beveel God in die vierde gebod? — Hebreërs 10:23-25
Die onderwerp wat die skrywer hier aanraak, is die feit dat ons vrymoedigheid het om met God gemeenskap te hou: “ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom langs ’n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het.”
Ons moet egter nie net persoonlik op vrymoedigheid fokus nie, maar ons moet ons ook “daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade”, boonop sonder dat ons in die proses ons eie samekomste verwaarloos, soos sommige ongelukkig die gewoonte gehad het in sy tyd.
Die volwasse wordende geestelike lewe bestaan dus uit 1) persoonlike toewyding, 2) aansporing en bemoediging van medelowiges tot liefde en goeie dade, sowel as 3) gereëlde samekomste as geloofsgemeenskap.Dít is die dinge wat ons vrymoedigheid in die teenwoordigheid van die Here bevorder en ons in staat stel om die beloftes wat Hy vir ons in vervulling wil laat gaan, in ontvangs te neem.
1. Die byeenkomste van die geloofsgemeenskappe is van kardinale belang, sê die skrywer van die Hebreërbrief. Hoekom? Watter boodskap het dit vir jou en jou eie geloofsgemeenskap?
2. Loof die Here dat Hy vir ons ‘n geloofsgemeenskap gee wat die hoop vir die dag van Christus lewend kan hou in ons. Aan wie kan jy aandag gee? Vir wie kan jy aanspoor en aanmoedig?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belangrikheid van die geloofsgemeenskap. Bid vir en/of bel ‘n geloofsgenoot ter aansporing en aanmoediging.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Hebreërs 10:19-39 met die tema: Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Spiritual Significance of KEYS in the Bible

What Is the Fear of the Lord?

Healing Family Relationships Through Boundaries

A Practical Guide for Transformative Growth Part 3

To the Ends of the Earth: Devotions in Acts Part 1

Jesus Never Said ‘Hustle’: Finding True Rest in a Burnout World

Kingdom Courage

Abide

"An INVITATION to FOLLOW : A 5-Day Journey Into Discipleship"
