YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 71 OF 364

Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?

1. Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod (Eksodus 20:8-12) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Ek moet die rusdag vir God en saam met gelowiges vier. Ek moet my ouers en gesagsfigure gehoorsaam. Ek aanbid God persoonlik en in die openbaar, en rus van my normale werksaamhede, soos ek elke dag rus van my bose werke, die begin van die ewige sabbat reeds in hierdie lewe. Ek onderwerp my aan hulle geestelike dissipline en begeleiding.

3. Die vierde en vyfde gebod van die wet fokus op die gemeenskaplike liefde vir God asook die liefde vir mekaar soos dit in die geloofsfamilie sowel as in gewone families tot sy reg kom. Verbeel jou ‘n wêreld waar die geloofsfamilie sowel as gewone families mekaar en die Here liefhet. Hoe sal dit anders wees as nou? Hoe sal dit ‘n werklikheid word?

4. Lees die verhaal van die twee seuns in Matteus 21:28-32. Wat tref jou van hulle reaksie?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die wet wys vir ons die regte pad aan. Ons wys ons liefde vir God op die rusdag. Ons wys ons liefde vir ons ouers deur hulle te gehoorsaam. Jesus vertel ’n gelykenis van twee seuns. Hulle pa wou hê hulle moes in die wingerd werk. Die eerste was nie lus nie. Later het hy spyt gekry en tog gaan werk. Die ander een het gesê: “Ek maak so, Pa,” maar tog nie gaan werk nie. Wie van die twee was die gehoorsame een? Natuurlik die eerste een! Ons gehoorsaamheid aan ons ouers wys ook of ons God sal gehoorsaam.

6. Jesus wys met hierdie gelykenis die Joodse leiers se onbetroubaarheid en ongehoorsaamheid aan God onomwonde uit. Hoewel die Joodse leiers die boodskap van God in Johannes die Doper sowel as in Jesus, die Seun van God, gesien en gehoor het, het hulle nie sover gekom om berou te hê en te glo nie. Daarom sal tollenaars en prostitute voor die Joodse leiers die koninkryk van God binnegaan, sê Jesus. Dit is die een wat gehoorsaam is, wat die wil van die Vader doen, wat die koninkryk van God sal binne gaan, al gebeur dit ook eers na ’n tyd. Hoe kan jy betroubaar en gehoorsaam reageer op God?

Day 70Day 72

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy