Wie Is God?Sample
Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21
Paulus beskryf in Kolossense 3:18-4:1 drie tipe verhoudings: huweliksverhoudings, gesinsverhoudings en arbeidsverhoudings. Dit word deur geleerdes ‘n “huistafel” genoem, omdat al drie verhoudings tipies in ‘n huishouding voorgekom het.
Dit is belangrik om die vorige twee perikope se boodskap in berekening te bring in wat Paulus hier oor die drie verhoudings sê. Die verbintenis met Christus Jesus (3:1-4) en die karakter van God (3:5-17) moet die vertrekpunt vorm vir die wyse waarop in elkeen van hierdie verhoudings opgetree word. Dit wil sê, die spesifieke opdragte wat hy aan die onderskeie persone in die verhoudings gee, moet verstaan word in die lig van Jesus se Heerskappy en die karakter van God wat in ons gevorm moet word.
Dit beteken onder andere dat ‘n mens versigtig moet wees om die opdrag aan bv die vroue, kinders en slawe as ‘n billike en regverdige verwagting van die mans, ouers en eienaars te verstaan. Dit sou tot misbruik aanleiding kon gee deur mans, ouers en eienaars, veral as dit onafhanklik van hulle eie opdrag tot liefhê, genaakbaarheid, en regverdige, billike gedrag hanteer word. Dieselfde geld die opdragte aan die mans, ouers en eienaars. Die gebreke van mans, ouers en eienaars kan baie maklik as beskuldigings teen hulle gebruik word, sonder om ag te slaan op die vroue, kinders en slawe se eie optrede.
1. Wat tref jou van Paulus se opdrag aan kinders en aan ouers?
2. Dink na oor die impak wat die gehalte van die onderlinge verhoudings tussen ouers en hulle kinders op hulle getuienis in die wêreld het.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belangrikheid van goeie onderlinge verhoudings. Reik uit na jou ouers/kinders ter aansporing en aanmoediging.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 3 met die tema: Leef as nuwe mense.
Scripture
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More