Wie Is God?Sample
Wat beveel God in die vierde gebod? — Psalm 40:10-11
Ons het al na hierdie Psalm gekyk. Ons fokus hier net op raakpunte wat die toewyding van vers 7-11 op ons begrip van die vierde gebod het. Die Psalmis wil hê dat in die gemeente van God se goedheid en trou getuienis afgelê sal word. En hy wy homself opnuut daaraan toe.
Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens nie net as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik nie. Dit is ook bedoel vir die gemeenskap van gelowiges. Om saam met ander God se reddingsdade in herinnering te roep, julleself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en julle verwagting te stel in sy ontfermende karakter.
1. Psalm 40 is ‘n gebed in nood. Die basis van die Psalmis se gebed is egter sy herinnering aan vorige ervarings van redding waarvan hy in die geloofsgemeenskap getuig het. Het jy soortgelyke getuienisse? Het jy dit vir jouself gehou of nie?
2. Wy jouself toe aan die Here en bring jou behoeftes in gebed voor die Here.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God die noodsaak om van God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding in die geloofsgemeenskap te getuig.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 40 met die tema: U woord is my hele lewe.
Scripture
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More