YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 23 OF 364

Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31

Die eerste skeppingsverhaal van Genesis 1 stel die grond oortuiging wat ons wêreldbeeld vorm: die hemel en die aarde is God se skepping. Hy het dit gemaak reg in die begin by die ontstaan van alles. Alles wat bestaan kom van God af. Alles. Dit beteken, die aarde behoort aan God en alles daarop en daarin (vgl. Psalm 8; 24; 104). Hierdie oortuiging is fundamenteel. Dit maak nie saak waaroor ons dink, of wat ons doen nie. Ons doen dit op God se aarde, in sy heelal, in die ruimte wat Hy vir alles en almal geskep het. Hy is die hoofkarakter van die Skeppingsverhaal. Alles draai om Hom, want alles is deur Hom en vir Hom gemaak. En Hy het dit alles "baie goed" verklaar!

1. Hierdie beskrywings van God se skepping is fundamenteel. Wat staan vir jou uit daarvan? Hoe laat dit jou anders dink oor hierdie wêreld? En oor jouself?

2. Die beskrywings van God se goeie skepping lei ‘n mens tot verwondering en lofprysing. Loof God dat Hy alles goed gemaak het.

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die wonder van die skepping te herinner. Gaan stap langs die see, of in die veld, of kyk ‘n natuurprogram op TV, of luister ‘n bruisende lied wat jou gedagtes op God kan fokus.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Genesis 1 met die tema: In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Scripture

Day 22Day 24

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More