YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 20 OF 364

Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die mens se wese en werke? Hoe laat dit jou voel? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 14

DIE SKEPPING VAN DIE MENS, DIE SONDEVAL EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; Hy het hom volgens sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil sê goed, regverdig en heilig sodat hy met sy wil in alles met die wil van God kon ooreenstem. Maar toe hy in aansien was, het hy dit nie verstaan nie en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter, deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde en daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp. Hy het immers die gebod van die lewe wat hy ontvang het, oortree en homself deur die sonde losgeskeur van God, wat sy ware lewe was; so het hy sy hele natuur verderf en daarmee die liggaamlike en geestelike dood verdien. Hy het deur dat hy in al sy doen en late goddeloos, verkeerd en verdorwe geword het, al sy voortreflike gawes wat hy van God ontvang het, verloor en hy het niks anders daarvan oorgehou nie as slegs klein oorblyfsels, wat egter genoegsaam is om hom alle verontskuldiging te ontneem. Al die lig wat in ons is, het immers in duisternis verander, soos die Skrif ons leer: "Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie" (Johannes 1:5), waar die heilige Johannes die mense duisternis noem. Daarom verwerp ons alles wat in stryd hiermee oor die vrye wil van die mens geleer word, aangesien die mens niks anders as `n slaaf van die sonde is nie en: "Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie" (Johannes 3:27). Want wie is daar wat daarop sal roem dat hy uit homself iets goeds kan doen, terwyl Christus sê: "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie" (Johannes 6:44)?

Wie sal op sy eie wil roem as hy verstaan dat: "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God" (Romeine 8:7)?

Wie sal op sy eie kennis roem as die natuurlike mens die dinge van die Gees van God nie aanneem nie (1 Korintiërs 2:14)?

Kortom: Wie sal ook maar op 'n enkele gedagte roem as hy verstaan dat ons uit onsself nie bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie maar dat ons bekwaamheid uit God is (2 Korintiërs 3:5)? Daarom is dit reg dat wat die apostel sê, onwrikbaar bly, want dit is God wat in julle werk. Hy maak julle gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Filippense 2:13).

Want daar is geen verstand en geen wil in ooreenstemming met die verstand en die wil van God as Christus dit nie in die mens tot stand gebring het nie. Dit leer Hy ons as Hy sê: "Want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5).

1 Petrus 2:9; Prediker 12:7; Psalm 8:5; 49:21; Jesaja 59:2; Genesis 3:17, 19; Prediker 7:30,. Romeine 5:12; Johannes 8:7; Efesiërs 4:24; Romeine 12:2; 3:10; 8:6; Handelinge 14:17, Romeine 1:20-21; Handelinge 17:27; Efesiërs 4:18; 5:8; Johannes 1:5; Psalm 37:9; Jesaja 26:12; Psalm 94:11; Romeine 8:3; 1 Konings 20:9; Psalm 28:8; Jesaja 45:25; Johannes 3:27; 6:44 (1 Korintiërs 2:14); 2 Korintiërs 3:5; Filippense 2:13.

Heidelbergse Kategismus 6

Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam met Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).

a) Genesis 1:31. (b) Genesis 1:26, 27. (c) Efesiërs 4:24; Kolossense 3 2 Korintiërs 3:18.

Westminster Geloofsbelydenis 4.2

Nadat God al die ander skepsels gemaak het, het Hy die mens geskape, manlik en vroulik, 4 met redenasievermoë en onsterflike siele. 5 Hy het hulle met kennis, geregtigheid en ware heiligheid na sy beeld beklee 6 en sy wet in hulle harte geskryf. 7 God het hulle ook die vermoë gegee om sy wet te gehoorsaam en die potensiaal om dit te verontagsaam; d.w.s. Hy het hulle vryheid van hulle eie wil gegee, wat kon verander. 8 Benewens hierdie wet wat in hulle harte geskryf is, is hulle beveel om nie van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad te eet nie. 9 Solank hulle God se wette gehoorsaam het en hierdie gebod onderhou het, was hulle gelukkig in gemeenskap met God 10 en het geheers oor die ander skepsels.11

4. Genesis 1,27.

5. Genesis 2.7, Prediker 12.7, Lukas 23.43, Matteus 10.28, Psalm 8.5-6, Genesis 2.19-20.

6. Genesis 1.26, Kolossense 3.10, Efesiërs 4.24.

7. Romeine 2:14-15.

8. Prediker 7.29, Genesis 3.6,17, 2.16-17, Kolossense 3.10, Efesiërs 4.24.

9. Genesis 2:16-17.

10. Genesis 2.17, 3.8-11, 23.

11. Genesis 1.26,28, Psalm 8.6-8, Genesis 1.29-30.

Westminster Geloofsbelydenis 24

Huwelik en Egskeiding

1. Die huwelik is 'n verbintenis tussen een man en een vrou, wat deur God ontwerp is om te hou so lank as wat hulle albei sal lewe.1

1. Genesis 2.23-24, 1 Korintiërs 7.2,39, Matteus 19.4-6, Efesiërs 5.28,31,33, 1 Korintiërs 13.8,13, Matteus 5.31-32, Markus 10.5-9, Romeine 7.2-3.

2. Die huwelik is ontwerp vir die wedersydse hulp van man en vrou; 2 vir die beskerming, onderbou en ontwikkeling van hulle morele en geestelike karakter; 3 vir die voortplanting van kinders en die grootmaak daarvan in die dissipline en onderrig van die Here. 4

2. Genesis 2.18,24.

3. Genesis 1.27-28, Efesiërs 5.22-23, Kolossense 3.18-19, Genesis 2.18-25, 1 Korintiërs 7.3-5, 9, 36.

4. Genesis 1.27-28, 9.1, Maleagi 2.15, Matteus 18.5-6,10,14, 19.14, Efesiërs 6.1-4, Kolossense 3.20-21, Markus 10.13-16, Lukas 18.15-17.

3. Alle persone wat met oordeel in staat is om hul toestemming te gee, mag trou, 5 behalwe binne die perke van bloedverwantskap wat deur die Skrif verbied word, 6 en sulke huwelike is geldig voor God in die oë van die kerk. 7 Maar geen huwelik kan ten volle en veilig Christelik wees in gees of in doel, tensy beide vennote verbind is tot 'n gemeenskaplike Christelike geloof en tot 'n diep gedeelde voorneme om 'n Christelike huis te bou. Evangeliese Christene moet as vennote in die huwelik slegs persone soek wat 'n gesonde basis van evangeliese geloof in gemeen het. 8

5. Genesis 1,27-28.

6. Markus 6.18, 1 Korintiërs 5.1, Levitikus 18.6-18.

7. Markus 1.30, Johannes 2.1-2, 1 Timoteus 5.14, Hebreërs 13.4, 1 Korintiërs 7.7,36, 9.5, 1 Timoteus 4.3.

8. 1 Korintiërs 7, spesifiek vers 39, 2 Korintiërs 6:14-15.

4. Die huwelik het vir die Christen godsdienstige sowel as burgerlike betekenis. 9 Die kenmerkende bydrae van die kerk in die uitvoering van die huwelikseremonie is om die goddelike instelling van die huwelik te bevestig; 10 om God se seën te vra op diegene wat die huweliksverhouding aangaan ooreenkomstig met sy Woord; 11 om die geloftes te hoor van dié wat wil trou; en om die getroude maats van God se genade binne hul nuwe verhouding te verseker. 12

9. Spreuke 18.22, Matteus 19.6, Efesiërs 5.29-30, 32, Markus 10.9, 11-12.

10. Genesis 1,27-28.

11. Markus 10.9.

12. Efesiërs 5:22-23.

5. Dit is die goddelike bedoeling dat persone wat die huweliksverbond aangaan onafskeidbaar verenig word, en dus geen ontbinding toelaat nie, behalwe dié wat veroorsaak word deur die dood van óf man óf vrou. 13 Die swakhede van een of albei vennote kan egter lei tot growwe en aanhoudende ontkenning van die huweliksbeloftes; maar net in gevalle van uiterste, onberouvolle en onherstelbare ontrouheid (fisiek of geestelik) moet skeiding of egskeiding oorweeg word. Sodanige skeiding of egskeiding word slegs as toelaatbaar aanvaar as gevolg van die mislukking van een of albei van die vennote, en verminder op geen manier die goddelike bedoeling vir onoplosbare vereniging nie. 14

13. Genesis 2.23-24, Matteus 5.31-32, Markus 10.5-9, Romeine 7.2-3, 1 Korintiërs 7.2, 10-11,39, Efesiërs 5.28,31,33, Matteus 19.4-9, 1 Korintiërs 13.4-13.

14. Markus 10.4-9, 1 Korintiërs 7.12-13, 15, Matteus 19.7-9.

6. Die hertrou van geskeide persone kan deur die kerk goedgekeur word in ooreenstemming met die verlossende evangelie van Christus, wanneer voldoende berou vir sonde en mislukking duidelik is, en 'n vaste doel van en strewe na die Christelike huwelik gemanifesteer word. 15

15. 2 Samuel 12.13, Nehemia 9.17, Psalm 32.5, 130.4, Matteus 12.31a, 21.31-32, Johannes 8.3,11, Romeine 3.23, Galasiërs 6.1, 1 Timoteus 2.4, Hebreërs 7.21, 7.21, 7.21, . -50, 15,11-32, Johannes 3,16-17, Romeine 10,9-10.

7. Geskeide persone moet biddend nadink om te ontdek of God se roeping vir hulle is om ongetroud te bly, aangesien een mislukking in hierdie ryk ernstige vrae laat ontstaan oor die reg en wysheid om 'n ander verbintenis te onderneem. 16

16. Matteus 5.31-32, 1 Korintiërs 7.10-11, 20, 32-35, Markus 10.11, Lukas 16.18.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

Day 19Day 21

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More