YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 18 OF 364

Wat is die mens? — Efesiërs 4:23-24

Dit is interessant dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16). Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie. Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges — tree dan op as mense van wie dit waar is. Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.

1. Onderstreep die beskrywings van die nuwe mens. Let op hoe die nuwe geestelike manier van dink jou lewe verander. Die regte leer lei tot die regte lewe. En omgekeerd.

2. Hoe kan jy hierdie opdrag gehoorsaam om nuut te dink en nuut te lewe?

3. Paulus is baie prakties oor die nuwe mens in die konteks. Om werklik reg te lewe voor God en werklik aan Hom toegewy te wees (vers 24), sluit die volgende nege dinge in: Om die waarheid te praat, veral omdat ons een familie is (vers 25); Om nie te sondig as jy kwaad raak, en veral nie lank kwaad te bly nie (vers 26-27); Om hard te werk sodat jy iets het om die armes mee te dien (vers 28); Om opbouende gesprekke te voer (vers 29); Om die Heilige Gees toe te laat jou lewe te beheer (vers 30); Om niks te doen wat sleg is nie (vers 30); Om goedgesind en hartlik te wees (vers 32); Om in liefde te lewe, soos God dit vir ons ‘n voorbeeld gegee het (5:1-2); Om soos heiliges (dit is die Griekse woord wat met gelowiges vertaal is) te lewe (5:3-5). Waar het jy nog verandering nodig?

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 4:17--5:20 met die tema: Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef.

Day 17Day 19

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More