Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? — Deuteronomium 6:14-15
Moses het so pas klem gelê op die feit dat alles wat jy dink en doen onder die vaandel van die liefde tot God moet gebeur. Alles. Nou gaan hy voort om hulle aan te spoor om nie net die Here in die hede lief te hê nie, maar ook in die toekoms. Die liefde vir God moet nie net vóór die beloofde land uitgeleef word nie, maar ook ná hulle dit in besit geneem het. Die gevaar is immers groot dat hulle in die rus wat die nuwe tuiste vir hulle sal bied, sal eet en versadig word ... en dan die Here vergeet wat hulle uit die slawerny van Egipte verlos het.
Daarom moet hulle altyd fokus daarop om die Here te onthou sodat hulle Hom alleen kan dien en in ontsag vir Hom kan lewe, soos Jesus in die versoeking in die woestyn gedemonstreer het (Matteus 4:10; Deuteronomium 6:13). Die Here is jaloers (besitlik) op hulle en sal nie duld dat hulle agter ander gode aanloop nie, presies dit wat die eerste gebod van die Tien Gebooie verbied nie.
Hulle moet ook in dankbaarheid teenoor die Here lewe en tevrede wees met wat Hy vir hulle gee, anders as wat die volk by Massa gedoen het en die Here met hulle ongebreidelde begeertes getart (versoek) het (Eksodus 17:7), ook soos Jesus in die versoeking in die woestyn gedemonstreer het (Matteus 4:7; Deuteronomium 6:16). Doen wat die Here vra, en Hy sal vir jou gee wat jy nodig het (Matteus 6:33)!
Daarby moet hulle nie doen wat mense as reg beskou nie, maar wat: “reg en goed is in die oë van die HERE”. Dan sal dit goed met hulle gaan en al hulle vyande voor hulle uit die beloofde land verdryf word.
Dié fokus op die verlede en alles wat die Here hulle beveel het, moet telkens die onderwerp van hulle gesprekke met hulle kinders wees, sodat hulle kinders die groot geskenk van die verlossing uit Egipte kan verstaan, maar ook dat hulle nie — deur die Here te vergeet — onder sy oordeel kom nie.
1. ‘n Mens kan maklik mislei word as God jou beskerm het in ‘n sekere situasie dat dit vir altyd geld ongeag hoe jy lewe. Dit is waarteen Moses die volk waarsku net voor die tweede generasie die land sou inneem. Beskerming en gehoorsaamheid gaan saam. Hoe voel jy daaroor?
2. Hoe laat die feit dat Moses hier van God se woede oor afgodery praat jou voel? Dink jy die straf pas by die oortreding?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God onverdeelde lojaliteit vereis. God moet regtig bó alles gedien word. Niks kan sy plek inneem in jou lewe nie.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Deuteronomium 6 met die tema: Die liefde vir die Here bepaal jou hele lewe.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![Philippians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54646%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Philippians
![Live Well](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55107%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Live Well
![Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55146%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays
![Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54530%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose
![GLEANINGS - Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
GLEANINGS - Numbers
![All Who Are Weary: God Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54872%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
All Who Are Weary: God Is Faithful
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![Building Wealth & Stewardship in the Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54598%2F320x180.jpg&w=640&q=75)