YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 118 OF 364

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? — Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 10-13. Wat leer jy van waarom God sonde en afgodery nie ongestraf laat bly nie? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 10-13

10 Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met 'n regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie (c).

(a) Genesis 2:17; Romeine 5:12. (b) Psalm 50:21; 5:6; Nahum 1:2; Eksodus 20:5; 34:7; Romeine 1:18; Efesiërs 5:6. (c) Deuteronomium 27:26; Galasiërs 3:10.

11 Vraag: Is God dan nie ook barmhartig nie?

Antwoord: God is wel barmhartig (a); maar Hy is ook regverdig (b). Daarom eis sy geregtigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is; ook met die swaarste straf gestraf moet word — dit is met die ewige straf aan liggaam en siel.

(a) Eksodus 34:6, 7; 20:6. (b) Psalm 7:10; Eksodus 20:5; 23:7; 34:7; Ps 5:5, 6; Nahum 1:2, 3.

12 Vraag: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word?

Antwoord: God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word (a). Daarom moet ons òf deur onsself òf deur 'n ander ten volle betaal (b).

(a) Genesis 2:27; Eksodus 23:7; Esegiël 18:4; Matteus 5:26; 2 Tessalonisense 1:6; Lukas 16:2. (b) Romeine 8:4.

13 Vraag: Kan ons deur onsself betaal?

Antwoord: Nee, glad nie; ons maak juis ons skuld elke dag nog groter (a).

(a) Job 9:2; 15:15, 16; 4:18, 19; Psalm 130:3; Matteus 6:12; 18:25; 16:26.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die redes waarom Hy afgodery en sonde nie ongestraf laat bly nie.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More