Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 10 – Jesus is die weg
Almal op aarde is op soek na die weg na ware lewe. Jesus verklaar in Johannes 14 dat Hy “... die weg” is. Dit is waarskynlik dat Jesus homself hier kontrasteer met die vele maniere in die Ou Testament wat God voorgeskryf het vir hoe die Jode Hom kon benader en met Hom kon vereenselwig.
Die offerstelsel, die tempel, die gordyn tussen die heilige en allerheiligste, die tabernakel en ander aanbiddingsmiddele was tydelike “weë” na God. Soos die Nuwe Testament dit duidelik stel, het hierdie dinge op sigself nie mense gereinig of aanvaarbaar vir God gemaak nie, maar dit was 'n weg waardeur God se volk in geloof kon wandel en Hom volg (sien Hebreërs 8-9).
Jesus kontrasteer homself met enigiets voor Hom wat hulle gedink het hulle na die Vader gelei het. Hy is uiteindelik die enigste een wat die weg na die Vader voorsien, maar Hy is ook terselfdertyd die volle openbaring van die Vader (waarheid). Jesus sê vir hulle daar is nêrens anders om te kyk of te soek om die ware pad na God te vind nie. Jesus is daardie een weg en daardie een pad en Hy is vir elke persoon op aarde beskikbaar en in staat om verlossing ten volle te bewerkstellig.
So, wat beteken dit? Jesus is op verskeie maniere die weg. 'n Weg is 'n pad of roete, en die dissipels het hulle verwarring uitgespreek oor waarheen Hy op pad was en hoe hulle kon volg. Soos Hy van die begin af vir hulle gesê het, het Jesus weer vir hulle (en ons) gesê "volg My." Daar is geen ander pad na die hemel nie, geen ander weg na die Vader nie.
Om mee te begin, Hy is die weg na verlossing. Hy is die weg na geregtigheid, aanvaarding en gemeenskap met die Vader. “Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Daar is geen wikkelruimte vir ander roetes volgens die stelling van Jesus nie. Dit sluit elke wyse uit behalwe deur Jesus Christus. In Handelinge word die woord “weg” betekenisvol gebruik om die evangelie te beskryf. (Sien Handelinge 9:2; 19:9; 19:23; 22:4; 24:22).
Self al is Jesus die “weg” bly dit elke mens se keuse om Hom op die weg te volg of om die “weg” te verwerp soos wat dit ook in die eeue daarna gebeur het. Om die weg te volg beteken om jou geloof in Hom te plaas dat Hy die een is wat ons verhouding met God herstel, sy woorde ernstig opneem van hoe ons moet lewe en dat sy woorde en dade die Ewige lewe vir ons moontlik maak.
Oordink vandag Jesus as die roete tot die Vader en verlossing, die waarheid en die weg tot lewe.
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More