Spreuke – eenjaarleesplanSample
Vers 19 kontrasteer die leuen met die waarheid. Die “lip van waarheid", soos dit letterlik vertaal word, hou vir altyd. Die “tong van bedrog” hou net vir ’n oomblik. Die rede is vanselfsprekend. Waarheid kan die toets van ’n ondersoek deurstaan. Die leuen nie. Vers 20 kontrasteer die hart van kwaadstokers met dié van vredemakers. Bose planne verraai ’n bedrieglike hart. Vrede maak bring vreugde in die hart van die vredemaker.
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More