Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke kontrasteer woorde wat seermaak met woorde wat genees.
Woorde wat seermaak, is woorde wat onverskillig en onbedagsaam (bôṭe in Hebreeus) uitgeblaker word, sonder om eers goed daaroor na te dink. Dit is soos die steke van ’n swaard. En ’n mens is skuldig aan die effek daarvan, of dit nou bedoel is of nie (Levitikus 5:4). Sulke woorde het Moses die beloofde land gekos, omdat hy uit bitterheid teenoor die volk oortree het (Psalm 106:33).
Woorde wat genees, is woorde waaroor goed nagedink is: "Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing” (NLV). Sulke woorde kan ook met ’n swaard vergelyk word, soos dit op talle plekke in die Woord van God, die Bybel, gesê word, maar die doel daarvan is anders. Dit beoordeel die bedoelinge en gedagtes van die hart om dit in lyn met God se wil te bring (Hebreërs 4:12).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Connect With God Through Conversation | 7-Day Devotional

House of David

199 Prayers for My Wife

IHCC Daily Bible Reading Plan - March

What God Won't Do

Chasing God, Not Approval

A People Set Apart

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Every Tribe, Every Tongue: 7 Days to Praying for the Nations
