YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 75 OF 365

Spreuke verwoord die bewese waarheid dat leierskap noodsaaklik is vir ’n volk om te floreer. Die woord wat hier met leierskap vertaal kan word, is taḥbulôṯ. Dit dui op beide oorwoë begeleiding as op strategiese oorleg. Die krag van die leiding lê egter nie in ’n enkele individu opgesluit nie, maar in ’n veelheid van raadgewers. Die Boodskap sê dit so goed: "As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.” (DB).

Day 74Day 76

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More