YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 35 OF 365

Let op hoe die pa in die “tiende lewensles” sy seun leer dat dit sy eie verantwoordelikheid is om die woorde en gebooie – die dinge wat die pa hom leer – moet toelaat om sy hele lewe te vul. Sy pa se onderrig moet sy oogappel wees, ’n strikkie aan sy vinger, so bekend soos ’n suster, want dan sal hy die versoekings van die verleidelike vrou kan weerstaan.

Dit beteken dat weerstand teen versoeking kom wanneer wysheid jou metgesel is, wanneer insig jou gedagtes vul, wanneer opvoeding deel van jou lewe geraak het.

Die opvoeding van jou ouers en ander rolmodelle moet dus van 'n eksterne voorskrif na 'n interne oortuiging verander wat nie net vir jou 'n morele kompas verskaf nie, maar die integriteit van jou gedrag bepaal. Die geveg teen immoraliteit word nie in die hitte van die stryd gewen nie, maar in toegewyde voorbereiding voor die tyd.

Onthou, die verleidelike vrou beeld nie net werklike seksuele versoekings uit nie, maar ook die misleiding van menslike wysheid (1 Korintiërs 1:12-13).

Day 34Day 36

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More