YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 34 OF 365

Die pa fokus dan op die gevolge van losbandigheid (seks buite die huwelik) en owerspel (seks met ‘n getroude vrou) op die oortreder self. Die pa gesels baie openhartig en eerlik met sy seun oor wat die pa as ’n potensieel baie plofbare probleem vir sy seun beskou. Owerspel en losbandigheid is nie speletjies nie! Dit kan jou jou lewe kos.

Let op hoe owerspel (seks met ’n ander man se vrou, ‘n getroude vrou) deur die pa as ’n baie ernstiger probleem as losbandigheid (seks buite die huwelik) geskilder word, hoewel dit ook steeds afgeraai word. Die pa spel vier moontlike gevolge van owerspel uit: straf, armoede, verwerping en die dood.

·Spreuke 6:27-29 – Jy kan gestraf word as jy met ‘n ander man se vrou lol. Met treffende beelde word die problematiek van owerspel geskets. Jy sal jou voete verbrand as jy met haar lol. Dit sal wees asof jy op kole probeer loop. Dit kan lei tot ‘n straf deur die gemeenskap waarvan jy nie vry sal kom nie.

·Spreuke 6:30-31 – Owerspel kan jou alles kos wat jy besit omdat jy as ‘n dief gereken sal word.

·Spreuke 6:32-33 – Die skande kan jou lewe in die gemeenskap verwoes. Jy sal verwerp word deur almal wat die regte pad wil loop.

·Spreuke 6:34-35 – Owerspel kan jou jou lewe kos. Die woede van die vrou se man kan jou jou lewe kos.

Day 33Day 35

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More