Spreuke – eenjaarleesplanSample
In die tweede deel – Spreuke 8:12-21 – word die omsigtigheid van die Wysheid verheerlik. Die Wysheid soek en vind kennis en goeie oordeel (diskresie). Dit leer ons om in die vrees van die Here te leef.
Dit beteken noodwendig dat jy sal haat wat sleg is; dit wat afwyk van God se standaard. Dit sluit houdings (verwaandheid en hoogmoed), bose gedrag en perversiteit – ‘n verdorwe mond – in. Laasgenoemde beskryf iemand wat woorde se betekenis in die teenoorgestelde daarvan verander.
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More