YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 41 OF 365

Die gordyn word in die derde deel – Spreuke 8:22-31 – nog verder oopgetrek om die karakter van die Wysheid aan ons bekend te maak.

Let op hoe die wysheid se voorrang bo alles uitgespel word. Telkens word gesê dat die wysheid voor alles was, van die begin af, voor die skepping in aanskyn geroep is (die skepping van die aarde, water, berge, grond, hemelgewelf, wolke, ensovoorts).

‘n Mens moet natuurlik die beskrywing figuurlik verstaan, omdat dit poëties bedoel is (fondamente van die aarde is afgesteek, soos ‘n mens ‘n huis se fondamente sou afsteek – Spreuke 8:29). Die punt is dat die Wysheid voor alles was, en in alles gebruik is.

Maar let ook op dat die Wysheid nie as deel van die skepping beskou word nie. Dit maak dat ‘n mens ‘n verband kan vind na die Logos, die Woord, in die evangelie van Johannes.

Paulus sê ook dat Jesus vir ons die Wysheid geword het wat van God af kom (1 Korintiërs 1:30; 1 Korintiërs 1:24; 8:6), en verbind die wysheid aan die vryspraak, heiligmaking en verlossing wat ons deel is met ons eenwording met Christus. Lees ook wat Paulus oor Jesus sê in terme van die skepping in Kolossense 1:15-23: “Alles is deur Hom en vir Hom geskep” (ook Hebreërs 1:1-3).

Met hierdie prentjie van die genot wat die Wysheid in die grootsheid van die skepping van God gevind het, sowel as haar vreugde in die mense wat God gemaak het, motiveer Spreuke ons om dieselfde te doen. Dié wat na die Wysheid bly luister en op haar paaie bly wandel, vind hierdie ware vreugde.

Day 40Day 42

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More