YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 45 OF 365

Die pa sit die ontleding van ontvanklikheid om te leer voort en verklaar dit vanuit twee beginsels. 1) Die vrees of ontsag vir die Here wat die begin is van alle wysheid. 2) Die kennis van die Heilige wat tot ’n groei in insig lei. Dit is waarom heiligmaking so ononderhandelbaar is, want dit laat jou groei in wysheid en insig in die lewe.

Ligsinniges moet dus eers weer na die begin toe terug gevat word, die ontsag vir God (Spreuke 9:10 – vgl 1:1-7), voor die lewenshouding van leerbaarheid weer sal inskop en die voete op die pad van insig geplaas kan word.

Day 44Day 46

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More