YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 44 OF 365

Die 1983-vertaling van Spreuke 9:7-8 kan misleidend wees. Die punt wat dit maak, is dat wyses leerbaar is en dwases onleerbaar. Lees dit liewer in die 2020-vertaling: “Wie ’n spotter vermaan, haal vir homself skande op die hals, en wie ’n goddelose teregwys, kry ’n klad op sy naam. Moenie ’n spotter teregwys nie, anders haat hy jou; wys ’n wyse tereg, en hy sal jou liefhê.” Kies dus nie net jou woorde wys nie, maar ook met wie jy dit deel.

Hierdie gedeelte beskryf die opstand van ligsinnige mense teen die wysheid en die gevolge wat dit vir hulle het. Tog, die opvoeders van sulke mense word ook aangespreek, omdat ligsinnigheid altyd ook ‘n vingerwysing is na dié wat verantwoordelik was vir kinders wat ligsinnigheid as lewenstyl kies (Spreuke 9:7). Ligsinnigheid lei onvermydelik tot goddeloosheid, omdat ‘n mens nie wysheid kan ignoreer sonder om dan ook die Bron van wysheid daarmee saam te ignoreer nie.

Interessant genoeg wil dié gedeelte ‘n mens ook waarsku daarteen om jou wysheid met ligsinnige mense te deel, omdat die kanse op sukses so gering is (Spreuke 9:8). Mense wat die waarde van wysheid ervaar het, is meer ontvanklik, en meer leerbaar. Daarom moet jy jou wysheid met sulke mense deel. Met hulle kan jy moeite doen om verder en dieper te gaan.

Day 43Day 45

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More