YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 38 OF 365

Spreuke 8 besing die lewe wat Die Wysheid gee. In vier dele word haar waarde besing (Spreuke 8:1-11), die omvattende inhoud van haar wysheid uitgespel (Spreuke 8:12-21), haar impak as eersteling van die skepping op alles wat bestaan word verheerlik (Spreuke 8:22-31), en die lewe wat sy gee vir dié wat na haar luister word erken (Spreuke 8:22-36). Die Wysheid laat jou regtig leef!

Let op dat Die Wysheid as 'n vrou voorgestel word. Haar ander naam is Insig (begrip, verstaan) wat die intellektuele kant van die wysheid beklemtoon. Dit vul die praktiese perspektief op die wysheid in die res van Spreuke aan.

In die eerste deel – Spreuke 8:1-11 – besing die pa die waarde van die Wysheid vir gewone mense in die gang van die gewone lewe, nie net vir Israeliete of gelowiges nie, maar vir alle mense.

Dit is verder uiters insiggewend dat die wysheid beskikbaar is oral waar besluite geneem moet word. Dit lei ‘n mens af uit die feit dat hier van kruispaaie, stadspoorte, en ingange gepraat word. Dit is waar die wysheid dan ook gevind sal word, nie soseer in die onttrekking van die gewone lewe nie, maar in die hitte van die stryd, in die besig wees met en worsteling in die lewe, daar waar besluite gevra en geneem moet word.

Vrou Wysheid staan ook in kontras met Vrou Dwaasheid, die owerspelige losbandige vrou van Spreuke. Owerspel en losbandigheid is gevolglik nie net ‘n beskrywing van buite-egtelike verhoudings is nie, maar ook ’n metafoor vir enige onwyse of dwase optrede.

Dít is waarom die Wysheid uiteindelik met God self verbind word, soos ‘n mens in die derde deel van Spreuke 8 lees.

Day 37Day 39

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More