Spreuke – eenjaarleesplanSample
Die pa dramatiseer die pad van verleiding.
Die slagoffer is ’n willose slaaf van sy begeertes.
Die verleidster is ’n meester om haar doel te bereik. Haar taktiek is tot op die fynste detail uitgewerk. Trek sy aandag, vertel ’n storie, gooi ’n geestelike sousie oor, laat hom spesiaal voel, stimuleer sy verbeelding met haar voorstelle, belowe dat niks hiervan sal uitlek nie … en hy val daarvoor soos ’n voël vir ’n net.
En dit kos hom sy lewe, want die wet het die doodstraf vir losbandigheid en owerspel voorgeskryf (Levitikus 20:10; Deuteronomium 22:22).
Scripture
About this Plan
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More