YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 37 OF 365

Die beskikbare verdediging teen die verleidster, wat die pa vir al sy seuns uitspel, is drieledig:

  1. Beskerm jou gedagtes (dit is waarop “hart” in Hebreeus dui).
  2. Vlug weg (moenie op haar paaie ronddwaal nie, ook nie op die internet nie)!
  3. Hou in gedagte hoeveel mense al daardeur in die moeilikheid gekom het.

Spreuke 7 voltooi dus daarmee die tiende en laaste les van die pa aan sy seun(s) – al sy kinders. Hier is ’n handige opsomming van die tien lewenslesse:

  1. Luister na jou ouers – Spreuke 1:8-19;
  2. Soek wysheid met gespitste ore – Spreuke 2:1-22;
  3. Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12;
  4. Leer by rolmodelle – Spreuke 3:13-35;
  5. Neem jou ouers se opvoeding ter harte – Spreuke 4:1-9;
  6. Kies die pad van wysheid – Spreuke 4:10-19;
  7. Hou koers deur te fokus op jou binneste en jou bakens – Spreuke 4:20-27;
  8. Bly weg van hartelose verhoudings en leef met oorleg – Spreuke 5:1-6:19;
  9. Pasop vir owerspel – Spreuke 6:20-35;
  10. Pasop vir losbandigheid – Spreuke 7:1-27.
Day 36Day 38

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More