YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 326 OF 365

Vers 8: God laat onregverdige wins boemerang tot voordeel van die armes. Die 1933/53-vertaling vertaal meer letterlik: "Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm." Die woord vir rente beteken "afknyp". Die rente wat 'n mens moes betaal, is baie keer reeds afgetrek van die bedrag wat geleen is. Die volle bedrag moes egter terugbetaal word. Die woord vir woeker beteken "vermeerder". Dit beteken dat die rente in só 'n geval meer as normaal of meer as wat ooreengekom is, vermeerder is. Beide aksies is verbied in die wet (Eksodus 22:5; Levitikus 25:36-37; Deuteronomium 23:20 - jy mag wel vir nie-Israeliete rente vra), ook hier in Spreuke (Spreuke 15:5) en veroordeel deur die profete (Esegiël 18:8, 13, 17; 22:12). Spreuke spel hier die gevolge van uitbuiting uit. God laat dit boemerang tot voordeel van armes. God sorg dus dat onreg reggestel word. Dink aan die verhaal van Robin Hood!

Vers 9: Sonder respek vir die wet van die Here is ‘n mens se gebed nutteloos. God luister nie na mense wat doelbewus sondig nie (Jesaja 59:1-2). ‘n Mens kan immers nie tegelykertyd die Here en sy wil ignoreer, en steeds Hom vir leiding, beskerming of sorg vra nie. Dit pas net nie. Jakobus waarsku daarom in die Nuwe Testament die gelowiges dat hulle reg moet bid, vanuit die regte verhouding met God moet bid (Jakobus 4:1-10).

Vers 10: God laat mense in die gat val wat hulle vir ander grawe. God tree op teen die misleiding van ander en laat dit boemerang tot die misleiers se nadeel. Hulle val in die gat wat hulle vir ander grawe. Daarteenoor belowe die Here dat Hy die opregte op die regte pad sal lei: "die goeie in besit sal laat neem".

Day 325Day 327

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More