YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 325 OF 365

Vers 6: Eerbare armoede is beter as korrupte rykdom. Die kontras lê tussen iemand wat nie afwyk van die pad van integriteit nie en iemand wat skynheilig en vals is en korrupte weë volg wat vir ander weggesteek word (Spreuke 19:1). Die man van integriteit leef dus sonder vrees dat iemand hom kan uitvang. Die man van korrupsie moet die hele tyd versigtig wees dat mense sy gekonkel sal uitvind (Spreuke 28:18).

Vers 7: Gehoorsaamheid aan die wet is verstandig. Gemeenskap met roekelose suiplappe en vrate wat sonder eerbied vir God leef, bring jou en jou mense in die skande (Spreuke 23:21-22). Dit is ook die boodskap van Psalm 1. Die enigste manier om uit deurbringers se greep te ontsnap, is om soos die verlore seun weer die gemeenskap met jou Vader te herstel (Lukas 15:11-32).

Day 324Day 326

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More