YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 324 OF 365

Vers 3: Armes wat armes uitbuit, is ‘n tragedie. Dit is soos 'n flitsstroom of kitsvloed wat die vrugbare grond op landerye wegspoel en daarmee saam enige moontlikheid van 'n oes. Die Here soek daarenteen deernis by ons, in enige omstandigheid, soos Jesus in die gelykenis van die amptenare in Matteus 18:21-35 bevestig.

Vers 4: Sonder die wet van die Here beland ‘n mens in ‘n morele moeras. Sonder God se openbaring is daar geen objektiewe maatstaf vir reg en verkeerd nie, net maar die subjektiewe oordeel van goddelose mense. Ons sien dit in Romeine 1:18-32. Paulus wys daar hoe God mense oorgee aan immoraliteit waar hulle kies om sy openbaring te ignoreer. Dit bring boonop 'n dodelike konflik tussen dié wat God probeer dien volgens sy openbaring, en dié wat juis in opstand is teen sy openbaring.

Vers 5 brei daarop uit. Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie. Alles is vir hulle relatief. Alles word toegelaat. Want, hulle ignoreer wat God se wil is. Dié wat egter na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles, want God se openbaring leer hulle om te onderskei tussen reg en verkeerd. Hulle leef daarom volgens die standaard wat God stel. Dit is 'n diep waarheid. Die onderskeiding tussen reg en verkeerd is iets wat ‘n mens van God ontvang. Dit sluit eintlik alle ander kennis vir jou oop. Dit beteken ook dat God se wil nie beperk nie, maar bemagtig. Dit maak jou vry om regtig te kan leef.

Day 323Day 325

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More