YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 327 OF 365

Vers 11: Wysheid is nie gebaseer op rykdom of armoede nie. 'n Ryk mens kan val vir die dwaasheid om te dink hy het wysheid in pag, net omdat hy ryk is (Spreuke 26:12; 12:15). Wysheid is egter nie gebaseer op rykdom of armoede nie. Dit kom van die Here af (Spreuke 14:24). Soos inderdaad rykdom ook van Hom af kom, al maak Hy natuurlik nie alle wyses ryk nie (Spreuke 15:16). Iemand wat verstandig is, al is hy arm, sien regdeur die ryke se verwaandheid. ‘n Ryk man kan daarom lelik verras word as hy ‘n arm mens onderskat, net omdat hy arm is.

Day 326Day 328

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More