Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 17: Moord vernietig ook die moordenaar. ‘n Moordenaar verloor sy reg op en plek in die gemeenskap en word deur sy gewete gepla tot die dag van sy eie dood. Letterlik vertaal: "'n Mens wat belas is met die bloed van 'n siel (lewe), tot by die put (doderyk) sal hy vlug, laat niemand hom help nie." 'n Mens kan die verhaal van Kain wat Abel doodgemaak het, en vervloek is om ‘n swerwer te word, hier as agtergrond inlees. Hoe roerend tragies spel Kain dit self uit: “My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal ‘n doellose swerwer op aarde wees.” (Genesis 4:13-14a). Daar is natuurlik ook die verhaal van die moordenaar aan die kruis wat genade by Jesus ontvang het (Lukas 23:40-43).
Vers 18: God help dié wat onberispelik lewe. Trouens, wie onberispelik (opreg, eerbaar, eerlik) leef, word gehelp deur God en mense. Dit is ‘n algemene waarheid, waarvan die omgekeerde net so waar is. Iemand wat krom (korrupte) paaie volg, sal op een van hulle (of skielik) tot 'n val kom.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 1

5 Prayers to Stop Thinking Negatively About Your Spouse

Last Words: A Lenten Meditation on the Final Sayings of Christ, Week 2

Ready as You Are

Worship Him

Stress Less: 9 Practices That Build Resilience God's Way

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Priorities of the Kingdom

Learning About Love With St. Valentine
