Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die pa borduur voort op die versoeking van die vreemde vrou en waarsku al sy seuns teen die effek wat ontrouheid in die huwelik op jouself kan hê. Hy waarsku hulle dat hulle nie hulle beste jare vir 'n hartelose mens moet gee nie. Let op hoe realisties die pa die gevolge skets. ‘n Verhouding met ‘n vreemde vrou – ‘n vrou wat met iemand anders getroud is – het ekonomiese en patologiese gevolge. Jy doen jouself daardeur finansiële- sowel as liggaamlike skade aan. Jy gaan geld verloor sowel as jou gesondheid.
Met ontrouheid loop jy dus die gevaar dat jy uiteindelik jou welvaart met ander moet deel – dink aan die moderne problematiek van onderhoud met egskeidings – sowel as die gevaar van siektes wat jy sal moet trotseer. Jy sal boonop ook deur jou gewete aangekla word.
Ontrouheid in die huwelik is nie speletjies nie! Spreuke sê dit lei tot ’n private hel en openbare skandes. Natuurlik is daar genade en vergifnis – so leer ons in die Nuwe Testament. Onthou, voorsorg is beter as nasorg.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Journey Through Revelation

Journey Through 1 & 2 Peter and Jude

Boundaries: A Biblical Perspective

Unboxed: Built on Purpose

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Holy Spirit - Breath of God

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

Relentless Love: Reflections on the Book of Jonah

Love at Work
