YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 25 OF 365

Die “agste lewensles” van die pa aan sy seun strek van Spreuke 5:1 tot 6:19 en fokus op vyf versoekings. Hy fokus in hoofstuk 5 aan die een kant op die verleiding van die vreemde vrou (iemand anders se vrou). Hy fokus in hoofstuk 6:1-19 op die verdere vier versoekings van vreemdes (mense wat jy nie ken nie), luiheid, onreg en eiegeregtigheid.

Die pa waarsku in vers 1 tot 6 teen die versoeking van die vreemde vrou (iemand anders se vrou - ‘n getroude vrou). Om jou voet op hierdie verkeerde pad te plaas, lei jou bó alles tot ’n goddelose pad, ‘n pad waarin jy ook jou verhouding met God kan verloor. Vermy die vreemde vrou dus soos gif, want dit is 'n pad van die dood. Sy sal jou weghou van die pad van die lewe. Dit lyk miskien na "maklike seks," maar dit is net skyn, die skyn van die dood. Sulke seks laat jou verdwaal. Dit sal die pad na die lewe vir jou sluit.

Day 24Day 26

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More