Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die pa waarsku sy seun in die vierde plek teen onreg, om byvoorbeeld nie uit twee monde te praat nie. Om nie een ding te sê, maar dan ’n heel ander ding te bedoel nie. Sulke misleiers is deugniete en kwaaddoeners. Hulle bewerk onheil en onreg. Hulle saai twis en tweedrag. Hulle valse woorde kom duidelik uit valse harte.
Daar is egter meer. Deur sulke mense as deugniete – bĕliyyaʿal in Hebreeus – te beskrywe, verbind die Bybel hulle onreg nie net met ’n inherente boosheid (Spreuke 16:27) of bose gedrag nie (Eli se twee seuns word in 1 Samuel 2:12 so beskrywe), maar met die bose self.
Dit sien ons ook in die Nuwe Testament dat die Satan as Belial (Griekse vertaling van bĕliyyaʿal) beskryf word. Deugniete word dus as dienaars van die duiwel beskou. Dit is waarom gelowiges nie in geloofsgemeenskap met sulke ongelowiges mag verkeer nie (2 Korintiërs 6:15). Daar is geen gemeenskap tussen Christus en Belial nie. Ons durf dus nie deelgenote wees van ’n gemeenskap van deugniete nie. Dit benadeel ons gemeenskap met Christus.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

How to Overcome Temptation

Church Planting in the Book of Acts

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Leading With Faith in the Hard Places

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

God in the Midst of Depression

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Ready as You Are

You Are Not Alone.
