Spreuke – eenjaarleesplanSample

Let op hoe die pa dan die situasie omkeer. Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so waarom wil jy dit aan iemand anders doen?
Die punt van die verbod op ontrouheid is om volle vreugde te vind in die huwelik met die vrou (of man) wat die Here vir jou gegee het. Drink water uit jou eie reënbak! Jou vrou moet eksklusief vir jou wees en nie vir ander saam met jou nie.
Let op dat hier in die enkelvoud gepraat word, want dit was altyd die ideaal dat die huwelik monogaam sal wees, soos Jesus helder in Matteus 19 vir ons leer op grond van Genesis 2. Poligamie het via die nageslag van Kain pos gevat, en selfs die Israeliete het die nasies daarin begin navolg. Maar, dit was nooit God se skeppingsdoel vir die mens nie.
Laat jou vrou (of man) jou dus bedwelm, en niemand anders nie, want God sien en reageer op alles wat jy doen. Hierdie waarskuwing het ook 'n geestelike kant, want die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur só 'n gebrek aan selfbeheersing.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Filled, Flourishing and Forward

Talking to God: A Guilt Free Guide to Prayer

Trusting God in the Unexpected

Building Multicultural Churches

The Otherness of God

Hard Fought Hallelujah: A 7-Day Study to Finding Faith in the Fight

Hear

The Wonder of Grace | Devotional for Adults

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down
