Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vir die wysheid egter om sy werk te kan doen, is dit lewensbelangrik dat hierdie pad, die pad van wysheid, gekies word, en die pad van goddeloosheid vermy word. Die pa borduur daarom in die “sesde lewensles” verder voort op die soeke na en voordele van die keuse om op die "regte pad" te bly (Psalm 18:37).
Sy onderrig is gegiet in die vorm van ’n belofte wat as deel van die Woord van God ’n belofte aan elke gelowige word wat die wysheid najaag: “... aanvaar my woorde sodat jou lewensjare baie kan wees.” Let op die oorbeklemtoning in die gedeelte om die punt te maak dat die wysheid meer voordelig is as die dwase pad van goddeloosheid en misdaad: daar sal niks in jou pad wees nie, jy sal nie struikel nie (Spreuke 4:12).
Gryp hierdie belofte vir jouself aan. God sal jou begelei op die pad van wysheid. Hy sal jou paaie reguit maak sodat jy vry kan beweeg, vinnig of stadig. Hy sal jou van struikeling bewaar, maar dan moet jy ook sy vermaning aanvaar en daarby hou. Vermaning of teregwysing hou jou op die pad van die lewe.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Journey Through Revelation

Journey Through 1 & 2 Peter and Jude

Boundaries: A Biblical Perspective

Unboxed: Built on Purpose

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Holy Spirit - Breath of God

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

Relentless Love: Reflections on the Book of Jonah

Love at Work
