YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 119 OF 365

In die oorspronklike teks kontrasteer vers 11 op figuurlike wyse die huis van die goddelose met die tent van die opregte. Huis en tent word soms uitruilbaar in die Bybel gebruik (Job 8:8-22), maar hier lyk dit asof dit gekontrasteer word. Die huis van die goddelose – sy nageslag – sal verdelg word, al lyk dit oënskynlik onbeweeglik vas (Jesus se twee metafore van die huis op die rots en die huis op die sand - Matteus 7:24-27). Die tent van die opregte – sy nageslag – sal floreer soos ’n boom met nuwe bloeisels en nuwe groei, al lyk dit oënskynlik meer uitgelewer aan die storms van die lewe.

Vers 12 waarsku jou soos in Spreuke 3:6 om nie jou eie oordeel te gebruik om te besluit of ’n pad reg of verkeerd is nie, maar jou leiding van die Here en sy Woord te ontvang (Spreuke 16:25). Anders beland jy nie net in die moeilikheid nie, maar in die dood (die Griekse vertaling, die LXX of Septuaginta, vertaal dit met Hades, dit wil sê die doderyk of ewige dood).

Die vers herroep die verraderlike pad van die slegte vrou (Spreuke 5:3-6; 7:25-27), maar word meer algemeen bedoel (Psalm 1). Dit is net ’n dwaas wat dink dat sy pad altyd reg is (Spreuke 12:15), wat dink dat kortpaaie werk (Spreuke 15:19), of wat dink dat wyse raad geïgnoreer kan word (Spreuke 13:14). Die belangrike ding is nie wat jy self oor jou lewe dink nie, maar hoe God daaroor oordeel.

Day 118Day 120

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More