YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 123 OF 365

Spreuke wys vir ons hoekom ’n mens die Bybel altyd in konteks moet lees. Lees jy net vers 20 op sy eie sal jy dink dat om armes te haat, reg is, en dat jy ten alle koste ryk moet word sodat jy baie vriende kan hê. Tog, as jy dit saam met vers 21 lees, kom jy agter hoe verkeerd só ’n interpretasie is. Dit is sonde om jou naaste te verag, sê Spreuke, maak nie saak wat sy lewensomstandighede is nie. Let ook op dat vers 21 nie sê dat deernis teenoor ellendiges jou regverdig maak nie. Nee, deernis maak jou gelukkig! Vers 20 is dus ’n beskrywing van die normale toedrag van sake in die samelewing. Vers 21 is die kritiek daarop, en wys die weg van deernis vir jou aan. "Dit is sonde om jou buurman te verag. Geseënd is hulle wat die behoeftiges help!” (NLV). Vers 31 sal nog weer hierna verwys en deernis met armes in ’n geestelike konteks plaas.

Day 122Day 124

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More