YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 126 OF 365

Spreuke fokus regdeur sterk op die “vrees van die Here.” Die frase word 22 keer in Spreuke gebruik (ek gee ’n lys van verwysings aan die einde as jy dit wil nagaan). Dit is die mees fundamentele basis van die wysheid. Wysheid lê nie in ons denke nie. Wysheid lê nie in die filosofie, godsdiens of wetenskap nie. Dit lê selfs nie in wat ons doen nie. Wysheid lê in die “ontsag" vir God. Wanneer jy Hom vrees, begryp jy die sin en betekenis van die lewe. Dan weet jy wat reg is, en wat verkeerd is. Dan weet jy wat om te dink en te doen.

Vers 26 wys hier op die sterk sekerheid en vertroue wat ’n mens in die vrees vir die Here vind. Dit is ’n toevlug (soos ’n fort) vir jouself en jou kinders. Vers 27 wys op die vrug van die vrees van die Here. Dit is ’n fontein van die lewe wat jou help om die strikke van die dood (of dodelike strikke) te ontwyk

(Spreuke 1:7; 1:29; 2:5; 3:7; 8:13; 9:10; 10:27; 13:13; 14:2; 14:16; 14:26; 14:27; 15:16; 15:33; 16:6; 19:23; 22:4; 23:17; 24:21; 28:14; 29:25; 31:30).

Day 125Day 127

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More