Spreuke – eenjaarleesplanSample

Ons kom in Spreuke 15-16 waarskynlik by ‘n teologiese kwessie in die boek Spreuke. Nie net word die naam van die Here hier meer kere gebruik nie (20 keer uit die 111 keer word Jahwe, God se persoonsnaam, in Spreuke gebruik), maar die temas het ook spesifiek met God se teenwoordigheid en betrokkenheid in ons lewens te make. Daar is in hierdie gedeelte twee goue drade wat die onderskeie tekste op 'n manier aan mekaar verbind:
- Woorde maak saak.
- God maak saak.
Dit is dan ook twee van die goed waarop 'n mens in jou lewe moet fokus: wat en hoe jy dinge sê, en met Wie jy rekening moet hou.
Vers 1 is ’n baie bekende spreuk. Dit gee raad vir die hantering van woede. ’n Sagte antwoord laat woede bedaar. ’n Krenkende woord – hard, ongenaakbaar, bedoel om seer te maak – laat die woede verder ontvlam. Vers 2 brei daarop uit. Wyse woorde is verantwoordelik. Dwase woorde onverantwoordelik. Vers 3 plaas dit alles onder die toesig van die Here. Hy sien alles raak. Hy hou dop wat mense doen, of dit goed of sleg is (vergelyk dit met vers 8-9 en 11 vir verdere opmerkings hieroor). 2 Kronieke 16:9 pas ook perfek hierby. God se oë deurkruis die hele aarde om dié te help wat op Hom vertrou.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Journey Through the Gospel of Luke

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

Worship, War, and Wisdom: Church Planting Lessons From David

Sing Over Me by Vance K. Jackson

UNPACK This...Super Bowl LIX

The Synoptic Gospels

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way
