YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 128 OF 365

Vers 30 kontrasteer die liggaamlike gevolge van innerlike beheerstheid of onbeheerstheid. ’n Kalm hart hou jou liggaam gesond. Naywer – ’n begeerte na iets wat buite jou bereik is – vreet jou van binne-af op (Prediker 4:4; Job 5:2: “onbeheerstheid").

Interessant, dieselfde woord (qinʾâ) word gebruik in ’n positiewe sin as jy ’n “ywer” het vir iets wat goed en reg is (2 Konings 10:6; Hooglied 8:6). Dit word selfs vir God se begeerte na sy mense gebruik (2 Konings 19:31: “sy onverdeelde trou”).

Vers 31 kontrasteer die geestelike gevolge van jou gedagtes oor en gedrag teenoor armes en behoeftiges. As jy ’n arme verdruk (uitbuit, verontreg of selfs beledig), vervloek jy sy Maker. As jy ’n behoeftige genadig is (jou “gratis” oor hom ontferm, vriendelik behandel, veral as hy jou nie kan terugbetaal nie) eer jy God.

Day 127Day 129

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More