YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 122 OF 365

Vers 17 verkondig die algemene waarheid dat opvlieënde, driftige mense maklik dwaas optree. Hulle doen voor hulle dink. Hulle reageer op hulle emosies en nie op die feite van ’n saak nie. Maar, agterbakse slinkse mense is eintlik nog slegter af, want mense haat hulle slinkse planne. Vers 18 brei uit op die spreuk van vers 15 en kontrasteer weer onkunde met onderskeiding. ’n Onkundige versamel dwaashede as erfenis. ’n Verstandige versamel kennis van wat reg en wat verkeerd is as nalatenskap. Vers 19 kontrasteer slegtes en goddeloses met goeies en regverdiges. Goeies en regverdiges dwing respek af by slegtes en goddeloses, selfs al is dit onwillig of onbewustelik. Dit het ’n invloed selfs in die openbare arena. Dink aan die slegte Haman wat voor die opregte Mordegai moes buig (Ester 6:11).

Day 121Day 123

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More