YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 124 OF 365

Vers 22 kontrasteer twee maniere van leef. Bose planne laat jou verdwaal. Goeie planne laat jou liefde en trou geniet. Vers 23 kontrasteer werk met woorde. Harde werk bring beloning. Blote woorde is net warm wind. Vers 24 kontrasteer wysheid met dwaasheid. Die Here beloon wysheid met welvaart. Dit is dieselfde boodskap as in Spreuke 8:18 waar van die wysheid gesê word: “Welvaart en eer is by my, bestendige rykdom en geregtigheid.” Rykdom is per slot van sake die Here se domein. Dit is Hy wat ryk maak (Spreuke 10:22). Vir die dwaas lewer sy sotheid egter net sotheid op. Soos Spreuke 27:22 sê: “Selfs as jy 'n sot tussen garskorrels in 'n stampblok stamp met 'n stamper, sal sy sotheid nie van hom wyk nie.”

Day 123Day 125

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More