YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 118 OF 365

Vers 9 kan letterlik vertaal word as: "Elke sot spot met sondeskuld; opregtes geniet genade.” Dit beteken aan die een kant, dwase is glad nie bekommerd oor watter verkeerde dinge hulle doen nie: "Dwase spot oor skuldoffers” (NLV). Aan die ander kant beteken dit dat opregtes graag die regte ding wil doen, en God se genade geniet: “Dié wat opreg lewe, ervaar versoening” (NLV).

Vers 10 sê dat niemand anders regtig jou diepste gevoelens kan verstaan of deel nie. Gevoelens – bitterheid en vreugde – is baie persoonlik. Die laaste deel van die vers kan ook só verstaan word dat jy net iemand se vreugde sal verstaan as jy nie ’n vreemdeling vir hom of haar is nie, anders sal jy “’n buitestaander wees by hulle blydskap."

Day 117Day 119

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More