YouVersion Logo
Search Icon

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAY 14 OF 21

“’n Kragtige gebedslewe”

Ek is net ’n eenvoudige boer, maar ek weet een ding: God verhoor gebede. Jy kan enigiemand vra wat saam met ons op veldtogte gaan; dit reën gereeld aan die einde van ’n veldtog. Ek weet nie hoekom dit gebeur nie, maar ek het nog nooit ’n boer hoor kla oor te veel reën nie.

God het aan Noag ’n teken gegee: ’n pragtige reënboog. God het belowe dat Hy nooit weer die aarde sal laat oorstroom nie (Genesis 9:11), en Hy het ook nie. God het vir ons ’n teken gegee. Dit is amper asof die Here sê: “Mooi so, goeie en getroue diens knegte.” Dit is waarom ek Jesus so liefhet. Hy is vir my werkliker as enigiets wat ek voor my kan sien. Hy wil hê ons moet na Hom roep sodat Hy ons kan antwoord.

Hoe bid jy, hoe lank bid jy en waar bid jy? Ons moet ons in ’n gebedskamer toesluit. Hou aan God vas en moenie los voordat Hy jou antwoord nie.

Wanneer ons ’n doeltreffende gebed bid, kan God optree.

GEBED: Here, ek verbly my in U. Dankie vir u groot liefde vir my. Ek wil graag ’n lewendige gebedslewe hê – ek wil tyd in u teenwoordigheid deurbring sodat ek naby U kan wees. Ek besef niks is belangriker as om tyd saam met U deur te bring nie. Amen.

Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 13Day 15

About this Plan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

More