YouVersion Logo
Search Icon

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAY 19 OF 21

“Vra in Jesus se Naam”

Ek glo God sal vir jou enigiets binne sy wil gee. Versoeke soos: “Here, maak asseblief my liggaam gesond sodat ek ’n broodwinner vir my gesin kan wees,” of: “Here, red my verlore seun en bring hom huis toe,” is die tipe versoeke wat die Here verwag.

Op ’n keer het ’n vrou wie se dogter met ’n onrein gees vervul was vir Jesus gevra om haar te genees. Jesus het vir haar gesê: “Dis glad nie mooi om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.” Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet tog darem onder die tafel van die kinders se krummels.” Toe sê Hy vir haar: “Omdat jy My so goed geantwoord het, kan jy maar huis toe gaan. Die duiwel het jou dogter verlaat” (Markus 7:24-30).

Die vrou was nie eens ’n Christen nie, maar sy het geloof gehad. Sy het vir God gevra om iets vir haar te doen. Sy het aangehou totdat Hy uiteindelik ingestem het om haar dogter te genees. Hoekom gebeur dit soms dat ons nie vir God vra wat ons wil hê nie, maar aanvaar dat die Here moet weet wat ons behoeftes is? God wil ons dit hoor vra.

GEBED: Vader, ek dank U dat ek voor U kan kom met lofprysing en dankbaarheid. U is ’n groot en wonderlike God. Ek bring my versoeke vandag na U toe. Dankie dat U my hoor. Amen.

Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 18Day 20

About this Plan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

More