YouVersion Logo
Search Icon

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAY 17 OF 21

“Die belang van gebed”

Iemand het vir dr. Billy Graham gevra wat die drie belangrikste beginsels is wat hom een van die suksesvolste hedendaagse evangeliste gemaak het. Hy het geantwoord die eerste beginsel is gebed, die tweede is gebed en die derde is gebed.

Wanneer jy stiltetyd hou, begin jy met God praat. Maar jy moet meer luister as wat jy praat. Baie van ons, en dit sluit my in, het ’n stryd om stil te bly. God het vir ons twee ore en een mond gegee. Ons is veronderstel om twee keer soveel te luister as wat ons praat.

Gebed is nie ’n inkopielys van “Here, gee vir my, gee vir my, gee vir my … ” nie. Nee, dit is ’n gesprek! Het jy al ooit vir God gevra hoe Hy voel? Ek glo God raak baie eensaam, want die helfte van die gebede waarna Hy moet luister, het niks met Hom te doen nie. Dit gaan alles oor ons!

Kom ons begin daaraan werk om ’n verhouding met die Here te ontwikkel eerder as om Hom as ’n nooduitgang te gebruik.

GEBED: Almagtige Vader, ek word daaraan herinner dat Jesus, my Redder, niks gedoen het sonder om eers met U te praat nie. Help my om in die gewoonte te kom om met U te praat en ’n verhouding met U te ontwikkel. Here, help my om ’n persoon van gebed te word. Amen.

Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 16Day 18

About this Plan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

More